Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 120] [p. 120] LXVIII Wraak - wat is wraak? As die goue basuine blaas En die lang, lang, dooie lyke met nuwe lewe raas, En vyand staan naas vrind In die laaste glorie, blind, Sonder herinnering of onthou Van haat en smart wat die dood verflou, Met net die oë stram gerek Op wat die dooie lyke wek Uit hul eeue-oue dodesluimer Tot 'n nuwe lewe, groter, ruimer As ooit gelewe was op aarde - Wat is die waarde Van lang-gebergde wraak? Wraak - wat is wraak? Is dit wraak wat t'rug vir die mensdom gee Plesier en genot en rus en vree, Soos die koel, sag' wind aan die worstelende see? Is dit wraak wat die moeder se trane droog? Wraak wat blind maak die vader se oog? Wraak wat vertroos as geen trooster is? Wraak wat weet hoe om uit te wis Alles gely en alles gedra? Wraak wat nooit vergelding vra? Wraak - wat is wraak? In die lange nagte, stil alleen, As jy nie meer 'n traan het om uit te ween, Nie meer 'n sug het om uit te sug, As jy staan in jou droef tot sout versteen - Soos Lot se vrou in Sodoms lug - Met nêrens 'n pad om mee uit te vlug, Stok-alleen, Jou tong verstom, jou oë blind, In jou ore die suis van die skemerwind, Onmagtig, lam - soos 'n klein, klein kind Wat, weg van sy moeder se skoot verdwaal, Uit angs vergeet het sy eie taal -, Jou hande styf gekrom met pyn, Jou haat gestil as jou hoop verkwyn, En in jou ore die dof refrein Van die skemerwind wat sing en skree: ‘Jy het alles vir niks en niks gegee - Afgegee en opgegee Vir niks en weer niks! Laat maar bly: Die dood sal alles wat doodgaan, kry!’ [pagina 121] [p. 121] As jy nié meer vertroue het om te vertrou, Wat is jou wraak dan werd vir jou? Vorige Volgende