Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende LXV O God der Leërskare, help Ons volk in noute vasgeklem, Stroef deur die heidenmag oorstelp; Hier in ons nood verhoor ons stem, O God der Leërskare, help! O Abrams God, U sterke hand Het eenmaal Israël uitgelei Na die beloofde Kanaänland: Help ons vandag as ons hier stry, O Abrams God, met sterke hand! Verlosser, Vrind, hier in ons nood Verhoor, en help, en gee ons krag! Versag die droefnis van die dood, Verlig die duister van die nag, Verlosser, Vrind, hier in ons nood! Vorige Volgende