Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende LX As die skemer kwyn En die maanlig skyn Op die grastapyt om die klooffontein, Kom die klein kabouterjantjies saam, Soos dit klein kaboutertjies betaam. Hulle dans en spring, Hulle praat en sing, Tot die dagster dag in die ooste bring. Waar die water bruis Oor geslepe gruis En die koel aandwind deur die keurbos suis Met 'n sedige, slaperige, sag refrein, Is 'n gras-omgorde klooffontein, Wat slinger en daal Om die kloof te haal Eer sy water tussen die gras verdwaal. In 'n kermisdrag Met juwele-prag Is die skaar gedos, en die vliegies wag Om hul lig te gee vir die dansparty, Waar die mooiste dans in die voorste ry. En die sterre skyn, En die maan verfyn Met 'n silwer-skitter die klooffontein. Vorige Volgende