Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende LVI Die koperkapel kom uit sy gat En sluip die rantjie rond: ‘Dit het gereën; die veld is nat En nat is die rooi-geel grond.’ Die meerkat kom en sy ogies blink, En hy staan orent en wag. En die stokou ystervark sê: ‘Ek dink Die reën kom weer vannag.’ Maar die geitjie piep: ‘Dis glad nie reën! Dis klewerig, swart en rooi. Kom jy sulke reën in jou lewe teen - So glad, so styf, so mooi?’ En die wyse steenuil waag sy woord: ‘Dis bloed, dis mensebloed! Dis lewensbloed wat hierdie oord Se bossie-wortels voed.’ Vorige Volgende