Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 110] [p. 110] LV O Aandblom, Aandblom, maak oop jou gesig, Voor nog die skemer kom! Die hele dag was jou ogies dig, En jou blaartjies krom: Nou is dit tyd om jou geur te sprei - 'n Wierook vir hom Wat as lyk daar lê op die rooi-geel klei, Vermink en stom. Waai na die koppie 'n wolk van geur, O liewe Aandblom! Miskien sal sy veraf gees bespeur Van wie dit kom, En jou korte lewe sal lieflik wees, Aandblom, Aandblom, As jy weet die geur van jou lewensgees Was geur vir hom. Vorige Volgende