Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende LIV O Golgota, in Godsnaam dek jou droef Met rou van winterse wind-verwoeste gras Waardeur die son-vergrysde bene was Tot wit ivoor wat skitter teen die grys - Dooie bene soos die ou profeet Bespeur het in die doodsvallei, Wat eens miskien weer lewe kry En krag om smarte te vergeet. Pronk nie daarmee, maar dek jou droef Teen daglig wat geheime wys, Teen sterreskyn wat moord ontdek En teen die wind wat wraak kan wek - Teen lewendige oë wat bespeur, O Golgota, bedek jou, treur! Vorige Volgende