Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende LIII Wee wie sy hand bebloed Met lewensrooi van sy onskuldige broer, Wie haat met haat vergoed En vrederus beroer Met wilde oorlogskreet en krygsgeskal! Hy wat die swaard uit die skede trek, Sal deur die swaard vergaan; Wie eers die skot in die lug laat knal En eerste oorlog wek, Wie eers die blinde woestheid sal laat slaan Op 'n onskuldige volk wat onbedek, Bloot voor die aanval staan - Hy sal vergelding vinde in sy skand', In bitter jammer en gewetensmart - Hy wat die eerste staan met bloed-bevlekte hand En broederhaat onstuimig in sy hart. Vorige Volgende