Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende LII Maan, ou Maan, wat jare deur Met jou lang-geleende lig, Met jou bleek gesig, In nagte deur blomme vergeur Oor die wêreld waak en wag, Baie het jy, ou Maan, bespeur In die jare lankal afgeloop, Van mense-trots en van mense-hoop, Van bloed verspil en van twis gestry, Van dade wat nooit vergelding kry, Van moedeloosheid soos middernag. En jy merk, ou Maan, wat die mensdom dra, [pagina 109] [p. 109] Maan, ou Maan, met jou bleek gesig, Met jou blink geleende sonnelig. Maan, ou Maan, wat nooit nie treur Maar sedig orals rondom speur, Kyk hier neer op Golgota En sê die son wat hier gebeur! Vorige Volgende