Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 106] [p. 106] XLVII Bowe in die blou-gekleurde hemel Swewe statig rond 'n arendvoël. Met sy sterk verkyker-oog spioen hy Orals, as hy bowe statig dool. En hy sien die lyke op die koppie, Rustig, stil, en weet dis lyke daar - Dooie lyke wat sy vrind die aasvoël Vóór vanaand nog kom om te vergaar. Vorige Volgende