Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XLVI 'n Stroompie bloed soek uitweg deur die gras Na laer lande, waar sy nattigheid Die tingerige halmpies lawend was Met lewensvog van fierste heldestryd - 'n Kronkelende stroompie, afdraand af, Wat oor die klippe stadig weg moet kruip Om by die aalwynblomme in 'n graf Van dorstig-droë veldsand te versuip. Vorige Volgende