Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XLIV Die koning sit en kyk dit aan, Onstuimig, nydig in sy hart. Hy sit daar somber en apart - Daar waar hy alles gadeslaan. En niks toon onraad in sy siel; En niks die nyd wat ontrou baar Hier in sy swarte leërskaar - Hier waar sy mense rondom kniel. Hy klou sy kierie in sy nyd Krampagtig met sy vingers vas; Sy oog gewaar geen groen van gras - Want wat hy sien, is bloedrooi stryd. En in sy ore dreun sy haat Soos bier wat borrel in die vat, En om hom lê sy koningstad En al die rykdom van sy staat. En nyd en vrees bespeur net nood. Sy hand gryp aan sy prag-karos En plots'ling brul sy wreedheid los: ‘Slaan dood die towenaars, slaan dood!’ Vorige Volgende