Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XLII Lommerryk oor die watersloot hang die wilgertak; Waggelend op die watervlak dryf die lelieblaar; Donserig in die waenhuishoek hang die spinnerak; Vreedsaam oor die ruigte-vlei stap die ooievaar; Skommelend oor die seekoegat tjilp die vinkeheer: Louter vreug hou bidstond hier waar die nessie swaai; Sedig op die plaas se werf - sedig heen en weer - Kuier, kopknik-slenterwys, in sy skik, 'n kraai. Vorige Volgende