Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 102] [p. 102] XL Soos 'n slang wat daar kronkel En gly en verdwyn As die son op hom fonkel En die goud oor hom skyn, So skitter en bewe die blits, en die donder gee luid 'n refrein. Almagtige winde Dwaal rond op die vlei; Hul vreet wat hul vinde En breek wat hul kry, Op wilde verwoesting gerig, van die skuld van vergelding bevry. Dof, donkerblou bande Versluier die nag; Die berg se ver rande Is swart in hul prag, En swarter die stormswanger wolke belaai met die onweer se mag. Dit bars en dit kraak En die hemel skiet vuur; Die wolke neem wraak Op die middernag-uur - En die wêreld is moeg van die worstel, en sat van die stryd die Natuur. Vorige Volgende