Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXXIII Die Opperwese wat ons lot beskik En heel ons gang bestier, Sal krag gee sterk te maak en te verkwik Ook hier. Hy wat vir Israël deur die dor woestyn Gelei het Kanaän in, Sal ons tot seë deur die droef en pyn Laat win. Hy wat die dooie mossie gadeslaan, Sal ons erbarmend lei En van die smarte wat ons teëstaan, Bevry. Vorige Volgende