Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXXIV Kyk t'rug in die verlede! Laat jou gewete kies Tussen wat oorlog aanbied, wat vrede kan behaal. Wat is die batig' saldo? Wat wins en wat verlies? Wat is die skuld wat eind'lik die wêreld moet betaal Vir haat wat harder woeker hoe laer die mensdom sink, Vir kleinlike jaloersheid wat nyd en bangheid baar Waarin die mense-liefde meedoënloos verdrink In diere-hartstog duister aan diere-moed gepaar? [pagina 98] [p. 98] Praat nie van patriotisme; tel nie jou helde oor; Sus nie jou siel met woorde wat waarheid net verbloem; Kyk raak, tot in sy hart toe, die onding wat versmoor Die beste wat die mensdom het om eer te gee of roem: Verdraagsaamheid en liefde, begrip van egte reg, En broedertrou en buurmansplig teen elkeen wat bestaan. Vra dan vir jou gewete waarom jou helde veg! Vir watter doel, uit watter plig neem jy jou wapens aan? Vorige Volgende