Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 97] [p. 97] XXXII Lang braakland-arbeid voor die grond kan teel Die weelde wat sy diepste heimlik hou; Lang, smartvol werk voordat die veld ontvou Sy groen en goud en geel; Eers doodgaan voor die lewe wat besiel Die ongespruite saad, Ootmoedig in die sonskynstraal kan kniel In geilste groen gewaad; Eers sukkel deur die smart wat eind'lik baar Plesier en rein geluk; Eers ruwe trekke aan die teerste snaar; Eers sug en buk - En dan die diadeem, die vol koraal Wat weerklank gee tot in die sterreryk, Om nimmer tot 'n klaaglied weg te daal Voordat die siel beswyk! Vorige Volgende