Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 96] [p. 96] XXX Nee, huil maar, want die droefnis-traan Deur diepste, seerste smart gestort, Raak nimmermeer verdwaal en word 'n Aalmoes wat die siel verstaan - 'n Aalmoes wat die liefde hou En wat die smartvol siel verryk; 'n Gulde, God-geseënde blyk Van eerbied en van broedertrou. Vorige Volgende