Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXVII Dis later en die kruisster daal; Die maan sink oor die rantjie neer; Die naggroen, helder sag en teer, Bly oor om oor die waens te straal. En oom en neef sit nog en praat En haal nog uit die ou doos uit Die beste wat geheue omsluit, Voordat die uur van rustyd slaat. Die een vertel van hoe 'n spook 'n Ou Franshoekse plaas kon terg; Die ander van 'n Boesman-dwerg Wat hout aan brand maak sonder rook. En een wat van die weste weet, Waar sout geraap word in die pan, Waar boer nog werk as visserman En met 'n lyn die water meet, Vertel, as deur die groen lug skiet So af en toe 'n ster wat val In goue strale lank en smal, Die storie van ou Koenraad Fiet. Vorige Volgende