Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXV 'n Ander oom sê plegtig: ‘Nee!’ En klop sy pyp uit teen die wiel, ‘Dis maar 'n fabel sonder siel; Ek kan jul iets veel beter gee.’ En toe sy tabak plesierig brand En blou-grys kringe boontoe stoot, Toe hurk tesame klein en groot Om toe te luister op die sand - Want hy is uit die Boland; hy Het eenmaal daar 'n held aanskou In kinderjare en onthou Die storie wat 'n naam moet kry. Vorige Volgende