Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXIII In kring staan al die waens gelaer - 'n Kraalmuur teen die vuur se lig, Met elke tussen-opening dig Met doringboomtakke aan mekaar. En Ouma, wit gerimpel, gee 'n Knikkie teen die duister: ‘Kyk, Die maanlig op die wolke lyk Amper soos maanlig op die see.’ Die kleinspan het vir Oupa beet En soebat: ‘Oupa, toe, vertel!’ Maar Ouma: ‘Kinders, moenie kwel Vir Oupa, want hy wil vergeet.’ En hy, die lang baard halfpad wit, Sê: ‘Nee, Vrou, ek sal nooit vergeet! Kom, Kinders, julle wat wil weet Iets van die see, hier om my sit.’ En klein en groot skuif nader voor Te luister na wat Oupa sê; En soos die osse en veetjies lê, Lê half die laer om aan te hoor. [pagina 85] [p. 85] As af en toe die rooibos-hout Vooruitgestoot word dieper in Om groter vuur en vlam te win, En boontoe skiet sy vonke goud. Vorige Volgende