Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XVIII Ek stem nie saam met hom wat sê Op klaerige, half weemoedige toon, As wil hy wat hy sê, verskoon: ‘Ons volk mis wat ons volk moet hê: Ons het te min; ons hou te min. Om reg te vorder wettige eis, Wie is daar wat die weg kan wys Waar ons kan haal wat ons moet win? Ons het geen reg op selfbestaan Waar volle vryheid nog ontbreek, Waar nòg talent, nòg ywer steek In burgers wat al slent'rend gaan. Wys my waar vryheid pronk met vlyt, Waar vlyt vanself sy wins behaal! Ons oes - as oes daar is - is skraal; En hy wat mors, is kragte kwyt.’ Ek stem nie saam - want ek besef Die land gesaai is weelde-grond, Wat ná die koue oggendstond Verryk word as die son hom tref. En ek weet ook benutte krag Word nêrens vrugteloos verspil: Nòg Toeval toor ons lot, nòg gril Van Iets wat in die duister lag. [pagina 82] [p. 82] Wat om my omgaan, sê vir my Dat Wet ons groot heelal bestier, Meedoënloos vir mens en dier, Wat op sy tyd vergelding kry. Vorige Volgende