Versamelde gedigte
(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 81]
| |
Die lewe wat die lente kroon,
Lê slaperig in sy rougewaad
En in die harde sooi die saad
Wat later hoog in groen sal troon;
En wat nog, ná die stryd verduur,
Ná smart-geworstel, roggelkreun,
As pragpilaar die bou sal steun -
Dit sluimer nog en wag sy uur.
Gun ook 'n volk sy wintertyd
Om rus te neem en krag te win,
Voordat die somerson begin,
Met groen en sap: sy somertyd.
|
|