Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 73] [p. 73] VIII Dit is begin Septembermaand. Nog oor die bulte ruis die wind Wat met sy stof die land verblind Tot in die sagte skemeraand. En lang-gestrek lê kaal en hard Die afgebrande veld, soos lyk Waardeur die nuwe grassies pryk In geil-groen glorie teen die swart. En rondom word die voorjaar wees As winterse geroggel dreun; Die laaste windbui slaak sy kreun En gee in woede dan die gees. En warm en weeld'rig wek die son, Wat teen die veld sy kleure sprei, Weer lewe uit die dorre klei, Met bo 'n suiwer-blou plafon. Die gompou stap in sedigheid, Die flap trek aan sy somerdrag En fladder rond in fiere prag, Vir wat die somer bring bereid. Vorige Volgende