Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende VII Van die lotosland waar die lelies groei En die koningsblom op die boomstam bloei; Waar jare deur die somer woon En elke dag met glorie kroon; Waar sag die koel suidoostewind Die geil-groen veld begroet as vrind; En sagter teen die wit strand slaan Die branders van die oseaan - Daarvandaan, daarvandaan Kom ek wat Malie heet! Vry was ek waar die lotos groei - Vry waar die koningsblomme bloei; Waar elke middag sag die reën Sy gloed ontel'bre trane ween Oor atap-hut en silwerstrand, Oor fyn-bewerkte sawaland; Waar oor die statige vulkaan Die rookwolk in die môre staan - Daarvandaan, daarvandaan Kom ek wat Malie heet! Vorige Volgende