Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende III Die swart pondokke staan in kring; En om die vuur sit man en vrou Om ernstig same raad te hou Oor watter lot die môre bring. Weemoedig praat daar een en knik, En gee sy stem vir gaan of bly; Wat eenmaal slaaf was, is nou vry En kan na wens sy wandel skik. ‘Die Oubaas trek oormôre voort - Die hele huis met Oubaas mee -, Die hele huis en al die vee, En alles wat aan Oubaas hoort. En ek wat slaaf van jongs af was, Onthou oorlede Oubaas sê - Oorlede Oubaas wat dáár lê, Dáár onder die begrafnis-gras: “Pas goed op kleinbaas Jan en hou Jou eerlik, Malie, as jy kan; Jou pa-goed was 'n goeie man: Hy was vir my en myne trou.” [pagina 69] [p. 69] En ekke hier, wat kleinbaas Jan Geabba het en perdgery - Sal ek as vuilgoed agterbly, Om hier te lewe soos ek kan? Oorlede Oubaas het gegee Sy woord aan hier ou Malie: “Hou Jou soos jou pa-goed, eerlik, trou, En pas op Kleinbaas.” - Ek trek mee! En hier's Regina, wat kan staan As getuie van die waarheid! Sê Vir ons wat wil die Oubaas hê: Ons swartgoed - moet ons bly of gaan?’ En ou Regina antwoord: ‘Nee, Wat Malie sê, is eerlik waar. Ek werk vir Ounooi twintig jaar - Ek bly nie agter: ek trek mee.’ Die pòndok-vuur is uitgebrand; En oud en jonk lê vas aan slaap As teen die maan die honde gaap En duisendpote roer die sand. O Liefdetrou, wat stand nòg kleur Tot enge kleinheid wil beperk, Maar wat, deur weldaadsmag gesterk, In offerande plig bespeur, Nie minste teken van jou mag Is hierdie swartvolk wat jou eer En, slawe vroeër, nou vry, begeer 'n Deel van wat die Trekkers wag. Vorige Volgende