Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XIX Die see het juwele, robyne, So rooi as 'n korrel granaat; Die see het sy lyke, geraamtes, Van elke verdrinkte Janmaat. Die see het sy skulpe, wat, mooier As ooit ook 'n mens dit kan maak, Daar pronk in paleise van seegras, Waar ewig die branders om kraak. Die see het 'n hart: in die diepte - Waar krewe en krappe bestaan, Waar lewens nog laer as muggies Gebore word om te vergaan - Daar setel sy siel, en dit uiter In elke verand'ring sy wil! Verslinger die rotse die branders, Die see sal daar nimmer van gril; Want ewig en altyd onsterflik Is diep in die diepte sy krag, En laag in die land van sy lewe 'n Siel wat vir ewig kan wag. Vorige Volgende