Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 57] [p. 57] XVIII Klim op, klim op met die slingerpad! Klim op, klim op, tot jy staan daar bo Waar jy al ons land in 'n oomblik vat, Van die Suurveld af tot die kaal Karoo! Klim op, klim op langs die slingerpad! Klim op, tot jy bo-op staan; en kyk Hoe mooi ons wêreld is! Dan weet Jou siel die waarheid - want jy is ryk! Vorige Volgende