Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XVII Dingaan, die Zoeloe, was 'n duiwel; Handlanger van die hel was hy! Hy het ons mense hard geteister, Windmaker in sy dwing'landy. Dingaan, die Zoeloe, was 'n duiwel; Maar hy is lankal dood, en nou Het ons geen mens wat ons kan teister - En tog sit ons nog in die rou! Vorige Volgende