Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 55] [p. 55] XII Kriekie, jy wat op die solder sanik, Wat het jy tog vir ons te vertel? Glo jy ouderwetse ou geheimpies? Is daar iets waarop jy agting stel? Of moet jy, dag in, dag uit, maar sanik, Kriekie, tot ek dol word van jou dreun? Is jou lofsang maar 'n kriekie-klaaglied, En jou deuntjie, kriekie, maar 'n kreun? Vorige Volgende