Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XI Weer hoor ek iemand vra -: ‘Wat meen jy dan daardeur Om sulke versies op te maak, So sonder smaak of geur? Wat het ons met 'n voël, Met blou of geel of groen - Met sulke vrae, wat het ons, Of jy ook, dan te doen? Vertel ons iets wat deug, Iets wat 'n mens onthou, Iets wat 'n mens van nut kan wees, Wat beter pas vir jou.’ Ek het jou al gesê, Ou boet, ek sing alleen: Verstaan jy daarvan niks - nou ja, Jy is nog nie gespeen. Vorige Volgende