Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende X Sekretarisvoël met jou lange bene, Met jou penne agter die ore styf, Met jou stadige stappies, wat maak jy hier? Sekretarisvoël met jou lange bene, Met jou vaalgrys vere en lang, lang lyf, Met jou groot, groot oë, wat maak jy hier? Vorige Volgende