Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XIII Klossies, jul bewe en bibber: Is dan die aandlug so koud? Moet julle so teen die westewind koes? Sal hy vir julle die blou en die goud, Alles verwoes? Klossies, jul bewe en bibber; Drink maar die son, en wees bly! Goud, blou en rooi is die lewe; en sag Waai ons ou westewind koel oor die vlei - Nog is dit dag. Vorige Volgende