Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende VIII. ‘Ou boetie, slaan jou kop nie teen die prikkels: Neem wat die lewe gee, en maak ekskusie - Want anders word jou beste vrind jou vyand En broei jy net maar stryd en rusie.’ Ag nee, ou boetie, laat my maar slampamper: Somtyds is oorlog nog die beste vrede. Diep in die klei daar steek die diamante: 'n Mens moet grawe - dis die rede! Vorige Volgende