Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende VII Ek sing van die wind wat te keer gaan; Ek sing van die reën wat daar val; Ek sing van ons vaal ou Karooland; Van blomme wat bloei by die wal; Van water wat bruis oor die klippe; Van duikers wat draf oor die veld; Van voëls wat daar sing in die bossies - Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld! Vir my sing maar liewers van blomme; Van al wat die vlei laat verkleur; Van al wat die sonskyn laat spartel; Van voorjaar en najaar se geur; Vir my sing maar liefs van die water; Van duikers wat draf oor die veld; Van rotse en branders en wolke - Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld! Vorige Volgende