Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende VI Jy sê vir my: ‘Ou boetie, wat moveer jou? Dink jy die mense lees jou versies? Glo Ons het nog ander goed om oor te babbel En hou nie van slampampertjies hier bo.’ Nou goed, ou boet; ek skrywe nie vir jou nie. Die windswael sing - nou, waarvoor moet hy sing? Vir jou en my? Nee, wragtie, vir homselwe - Net om hy iets moet sê - iets, iets, moet bring! En ek ook, soos 'n windswael, maak my versies Nie maar vir jou - nee, glad nie; want ek weet Jy hou mos nie van versies - jy wat trots is Omdat jy dink jy het die wysheid beet. [pagina 53] [p. 53] Ek sing net vir myself; uit puur verstrooiing Maak ek slampamperliedjies net soos dié: 'n Mens moet huil of lag, moet loop of stil sit, En ek moet versies maak of praat met ... wie? Vorige Volgende