Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 52] [p. 52] V Krulkop-klonkie Waarvandaan Kom jy hierso Gou-gou aan? Van die hemel, krulkop-klonkie, van die sterre, van die maan? Krulkop-klonkie, Is jou hart Nog nie klaar nie, Nog nie swart? Of is dit al lank verdor al, grys gemaak deur al die smart? Krulkop-klonkie, As jy lag, Vlug die donker Uit die nag Deur die agterdeur na buite, en dit skyn hier soos die dag. Krulkop-klonkie, Wat wil jy Op die wêreld Hier by my Nou kom haal of lewer, klonkie? Wat is hier te gee of kry? Krulkop-klonkie, Slaap gerus, Van die drome Onbewus: Vroeg genoeg kry jy nagmerrie; wie sal jou dan, klonkie, sus? Vorige Volgende