Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Apie Apie, apie, sê vir my, Is jy mens, of is jy dier? Het jy bruilof ooit gevier? Waar en wanneer het jy getrou? Het jy kind, of het jy vrou? Het jy skulde? In jou huis, Apie, is dit alles pluis? Is die kleinnooi in haar skik? Of moet sy op alles pik? Apie, apie, sê vir my! Oubaas, oubaas, ek sal sê! Ek is maar 'n viervoet dier; Ek het bruilof nooit gevier; Agter die bossies het ek getrou; Kinders het ek en 'n vrou - [pagina 45] [p. 45] Skulde nie; en in my huis, Glo ek, is dit alles pluis. Kleinnooi is nie in haar skik, As ander apies op haar mik - Oubaas, dit is soos ek sê. Apie, apie, sê vir my, Waarom lewe jy so mooi, Sonder kamer, sonder kooi, Sonder selfs 'n trouring, sonder Ook 'n huw'likseën? Ek wonder Dat jou vrou so goed verstaan Nie met apies rond te gaan; Dat jy sonder skulde lewe En nie vir verbande bewe - Apie, apie, sê vir my! Oubaas, oubaas, ek sal sê! Ek kan lewe sonder kooi - Klipskeure is net so mooi -, Sonder selfs 'n trouring, sonder Ook 'n huw'likseën! Jy wonder? Ek het altyd goed verstaan Om met vrouens om te gaan: Anders loop my hele lewe Opdraand dat ek daarvan bewe - Oubaas, dit is soos ek sê. Vorige Volgende