Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Lenteliedjie Al die velde's vrolik; Al die voëltjies sing; Al die kriekies kriek daar buite; Elke sprinkaan spring. Al die koggelmannetjies Kom om fees te vier; Hier galop 'n goggatjie, Daarso dans 'n mier. Selfs die vissies spartel Teen die kafferskuil; In die groot ou eikeboom Droom 'n oupa-uil. Rond in ons Karoo-land Is 'n ruik versprei: Boegoeblom en appelkoos - Kan jy beter kry? [pagina 44] [p. 44] Katjiepiering-heinings, Bont met blomme hier; Rose en sering daarnaas, Roos en angelier. Binde vir my same Katjiepiering wit, Bobbejaantjies blou en bont, Rose in die lid, Varings van die klippe, Afrikaners rooi En kalkoentjies uit die vlei - Algar is so mooi! Geel gousblomme uit die veld, Klossies uit die kuil - Sal ons ooit ons blommetjies Vir iets anders ruil? Vrolik is die wêreld, Vrolik rand en vlei! Elke koggelmannetjie Het sy maat gekry; Elke gons'rig' goggatjie Is getroud of vry - Vrolik is die wêreld hier, Vrolik veld en vlei! Vorige Volgende