Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Japie Vanmôre was Japie nog hier: Vanaand is hy dood! Met 'n lag om sy mond het hy bruilof gevier Met 'n klein brokkie Engelse lood. Vanmôre was Japie by my: Vanaand is hy ... waar? As 'n mens maar kan weet waar hy eind'lik sal bly, Wie sien dan in die toekoms gevaar? Vanmôre was Japie my maat: Vanaand is hy ... wat? Sal hy nog met my lag, sal hy nog met my praat, Of my hand ooit in syne weer vat? Vanmôre was Japie 'n kind: Vanaand's hy volleerd! Ons het baie gestry om die waarheid, ou vrind: Weet jy nou wie van ons had verkeerd? [pagina 32] [p. 32] Vanmôre was Japie - nee God, Hy is nog vir my! Want die dood kan nie skei nie, al is dit ons lot Om alleen op die wêreld te bly. Vorige Volgende