Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die doringboom Kyk, hier is 'n ou kameeldoring, amper kaal - Sy blaartjies vuil en donkerbruin verbrand; Sy stam gestrooi met geelgrys stof en sand; Sy dorings wit soos silwer, skerp soos staal. Hier staan hy nog, hoe dor die veld en skraal; Hou stewig nog teen wind en storm sy stand - Die oudste doringboom in ons doringboomland, Wat reeds sy bloeityd tel vir honderdmaal. Vir jare het hy hier sy goud gestrooi, [pagina 31] [p. 31] Die hele wêreld oor sy geur versprei, Vóór nog 'n witmens hier was of 'n pad. Vir jare was hy bobaas hier, en mooi Vol groen en goud; maar nou's sy tyd verby - 'n Afgeleefde doringboom, droog en glad! Vorige Volgende