Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Aan 'n ou boek Op die solder, waar die rotte Hulle neste altyd bou, Waar die vlermuise en motte Elke aand kommissie hou, Het ek jou gevinde, ou maat; en jou maters lê daar nou. Vóór ons voorgeslag gebore Was, het mense jou gelees; Monnik, ridder, lank tevore, Was met jou al maats gewees, En hul het hul siek gelag oor al jou vuur en al jou gees. Baie jare al gelede Lê jy op die solder daar, Rustig in jou rus, tevrede Met jou lot, van jaar tot jaar. Ou maat, waarom het die rotte vir ons al jou gees gespaar? Vorige Volgende