De Tweede Ronde. Jaargang 16(1995)– [tijdschrift] Tweede Ronde, De– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 80] [p. 80] Dis Van Dis! Karel van Eerd Wees ook nie so kieskeurig nie A.D. Keet, Muskiete-jag hoor sy snags nog die tweegesprek en glimlag weer: Dis goed. Elisabeth Eybers, Tweegesprek Jy vabond, wag en jy sal bly Die som van alle pryse kry, Verleen deur onse nasie. Sy sê nie meer: jy is die dief, Maar het haar oue buisheld lief, Jy bly nog in die grasie. Jy was die Sondagsgas gewees, Nee, was die gasheer by die fees Van onse uitsaaidae. Standvastig vir die vrye saak Kon jy die kompromieë maak, So suiwer in die vae. Na baie jare op die buis Was jy vir skulde weg van huis, Jy moes 'n boekie skrywe. Jy weet wat hulle dink. Jy weet Dat hulle naam en beeld vergeet: Maar ink sal ewig blywe. Jy meld jou aan, van Saar Maleis, Vir elke vaderlandse prys. Al skryf jy nou oor Nonja, Ook so eer jy die slaaf as mens, Kry 'n resensie van Kees Fens En straks 'n soen van Sonja. Vorige Volgende