Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Huwelikslied (Te sing op die melodie van ‘All joy be thine’, deur Wilfred Sanderson.) Mag altyd rose van geluk u wag, Langs heel die lewensweg u teëlag; Mag goue sonskyn in u harte troon, Met liefde u banier, u lewenskroon; Mag Hoop u metgesel wees op die reis En Moed vir alles wat die lewe eis; Mag Vreug weergalm vanuit u karavaan: 'n Lied vir elke mylpaal van die baan. Mag Liefde altyd bly die sterke band Wat hart aan hart verbind en hand aan hand - Die leid-ster wat u voer oor berg en dal, Die Hawe van u Hoop as die awend val! Die Huisgenoot, 8 Februarie 1929 Vorige Volgende