Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 331] [p. 331] Vaarwelgroete (Te sing op die melodie van ‘Salaam’, deur Agnes Mary Lang.) Ek bid die bee van die Oosterling: Algenadige Allah u vrede bring. Waar u ook vertoef, waarheen u ook gaan, Mag daar palme geseën deur Allah staan. Deur die dag van swoeë en nag van rus Mag Allah in liefde seën en sus. Met my hand op my hart soos die Oosterling Wil ek bid dat Allah Sy vree u bring. Die Huisgenoot, 8 Februarie 1929 Vorige Volgende