Wat tog feroorsaak baing sonde?
En breng an ouders hartewonde?
Laat gaan jou eergefoel te gronde?
Waarop word kinders so fersot?
Nes op di drank di Hottentot?
En wat ferswaar di meesters lot?
Wat het feroorsaak al di dood?
Fan kinders en fan mense groot?
Wat toch doet steeds 'n werk so snood?
Wat ge 'n mens 'n slegte smaak?
En maak jou sleg en laf en faak?
Wat is 't wat ouers ferdritig maak?
Wat maak 'n jong mens siik en sleg?
En neem ook al jou groeikrag weg?
Wat doet so kwaad? Wie kan my seg?
Wat maak 'n mens se kleur so geel?
En maak dat jy ook spuw so feel?
En hoes en brandmaak in jou keel?
Wat doet net kwaad en glad gen goed?
Mismaak jou en ferswak jou bloed?
En breng jou na di graf met spoed?
Ons Klyntji
Opgeneem in S.J. du Toit: Afrikaanse gedigte byeenfersameld.
Volgens P.H. Langenhoven (Sanger van die Suikerbosrand, bl. 76)
reeds in Junie 1894 in die Hugenote-Gedenkskool op Daljosafat geskryf.