En jy hoor niks as glase klink.
‘Drink, Kêrels, drink! En wens my nog
Goeie Reis! Dit is my laaste tog!
Die laaste maal wat jul oom Faan
Die huw'liksbootjie sien ingaan;
Toe, Kêrels! die gesondheid weer
Van my klein vroutjie Annie Smeer!’
Dit sê hy net so hard hy kan;
Die hele kerk die dreun daarvan;
Die mense sit daar glad verstom.
‘Moet 'n ou man so gedra vir hom?’
Die Predikant was glad versla',
En kyk gou in die kerkboek na,
Omtrent 'sensuur' en selfs 'demissie'.
Oom Faan as ek my nie vergis nie
Was nugter wakker nou al weer,
En wonder waarom Annie Smeer
So vreeslik bloos? Waarom dit lyk
Of almal net vir hom sit kyk;
Hy was tog aan geen kwaad nie skuldig,
En word toe net al ongeduldig.
Oom Fanie, Fanie! Arme Man!
Die ergste wis hy nog nie van.
En Annie Smeer - o ewig spyt!
Die is hy nou vir altyd kwyt.
Ons Klyntji,
Junie 1897. Opgeneem in S.J. du Toit:
Afrikaanse gedigte byeenfersameld uit wat in die laaste 30 jaar ferskyn is, 1876-1906, Paarl Drukpers My., Bpk., Paarl, Mei 1906