Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Liefde met gevoel (Vir 'n outjie wat met die tong stoot) Waarom huil klein Sussie so? Netnou het sy niks makeer nie. Dis weer Boetie, kan jy glo - Maak hy haar nie altyd seer nie? Waarlik, hy het haar gebyt: Kyk daar sit die merk, my lammie - 'n Splinternuwe stoutigheid ... ‘Dis maar net van liefde, Mammie!’ [pagina 308] [p. 308] Liefde? Dis 'n mooie grap! Wat moet Mammie met jou doen As jy so jou sussie hap? ‘Slaan my, Mammie, maar eers soen!’ ‘Maar eers soen!’ - Ek bid jou aan! Sê my nou: Wie kan dan slaan? Vorige Volgende