Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die wortel van die kwaad (Samespraak tussen Moeder, Dokter en Derdemannetjie. Die arme derdemannetjie moet gedurende die hele bedryf swyg soos hy nog nooit tevore geswyg het nie.) moeder Dokter, weet jy dan geen raad Vir 'n kind wat baie praat? (Dokter skud sy kop.) Is daar niks in jou apteek? Kan jy nie die kwaal bespreek? [pagina 306] [p. 306] dokter Wel, Mevrou moet nie vergeet Ek moet eers die oorsaak weet. So 'n kwaal mag erflik wees, Uiters moeilik te genees. Soos die boom is, is die twyg! Is dit egter aangeleer, Wil ek tog die kuur probeer. Lig my eers 'n bietjie in: Hoe het dit presies begin? moeder Dokter weet die Goewerment Laat mos al die kinders ent. dokter Ja, Mevrou, dit weet ek wel. Seer tereg ook, maar ... vertel! moeder Ja, toe was die instrument Van die dokter juis opsent. Dit was buite op die plaas - Daarom neem hy inderhaas Naalde van die grammofoon, Maak dié eers sorgvuldig skoon; Maak daarmee 'n paar ou krappies Op die arm en - sonder grappies - Al metdat die ente groei, Het die praatlus uitgebroei! dokter Wel, Mevrou, ek meen bepaald Dis die grammofoon se naald. Spytig is dit van die kind. Maar, Mevrou, u sal tog vind [pagina 307] [p. 307] Dit het ook sy goeie kant. Wellig word hy predikant Of miskien nog advokaat. Dié verdien hul brood met praat. Of ook Lid van Parlement. Dis die praathuis-sonder-énd! moeder Veel gepraat en min gesê! Dit is nie wat ek wil hê. Dis die toekoms. Gee my gou Goeie raad vir hier-die-nou. dokter Nou ja, seker en gewis, Beste raad van al tog is: Stuur hom waar net meisies bly, Daar sal hy sy moses kry! Net 'n week, dan's hy geneig Om te luister en te swyg. Daar sal hy - 'k staan goed daarvoor - Meer gesien word as gehoor! Vorige Volgende