Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die wilde ruiter (Hy sou natuurlik nie Pa se kind wees as hy nie van kleins af lief is vir perdry nie.) My ryperd is die stokkie, Die lat is my karwats; My perd is naam is Bokkie, Karwats se naam is Rats. Ek kom net van my skaap af, My beeste op die plaas; Gistraand nog van die Kaap af, Vanaand na Oemkomaas. Ek jaag verby 'n jokkie, Ek wen die westewind. My perd se naam is Bokkie, En myne ... Pa se Kind! Vorige Volgende