Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Jakkals, Wolf en die laatslaper ('n Skaapverskeurende jakkalsstorie met 'n slaapsteurende wolf-uiteinde) Pleks dat ou Ras Sy skaap oppas, Begin hy baie vroeg al gaap, Want lui was hy en lief vir slaap. Hy kyk nie om Of Jakkals kom; Hy dink, as Vuilbaard aan die blaf gaan: ‘Ag, waar wat is, moet ook wat afgaan!’ Hul raak verskeur Vlak voor sy deur. Dit het hom egter nie ontstel nie - Hy het hul byna nooit getel nie. [pagina 304] [p. 304] Toe hy weer sien, Was daar maar tien. Niks het sy goeie slaap gehinder, Al word sy klompie vinnig minder. Toe hy nog meen Daar was nog een, Toe was sy skapies almal dood - Te laat, te laat! Toe skrik hy groot. Toe ruik hy lont, Toe spring hy bont, Toe wonder hy: Hoe't dit gebeur? Toe staan die Wolf al voor die deur!... Hy het geen bed: hy's beddeloos; Niks kan hom red: hy's reddeloos; Hy het geen draad: hy's dradeloos; Hy weet geen raad: hy's radeloos; Sy hoed is weg: hy's hoedeloos; Sy moed is weg: hy's moedeloos; Hy het geen skaap: hy skapeloos; Maar ergste nog: hy's slapeloos! Vorige Volgende